Heil die Leser

Maandelikse voorwoord · Amanda Kreitzer

Junie 2013

Heil die Leser

Koel suiwerheid gerangskik in skakerings van wit het vasgevang in ’n heeltyd immer veranderende wolkemassa, borrelend gespartel en gespoeg oor die buitelyne van die Hawekwas. ’n Suiwerte wat skerper en skerper afgesteek het soos die aand opdaag. Uiteindelik het die nag dit fyngemaal en oor die hemelruim versprei in pienk skakerings vol wasigheid. Ontroerend mooi—’n gebeurtenis wat die voorblaaie behoort te haal, en tog, ongesiens saam skemers van vorige eeue weggesypel het om opgehang te word vir’n kunsuitstalling iewers in ’n hemelse galery. Nie ’n sterfling se dag of lewe daardeur bevogtig. Miskien één, en één voorblad—die een in u hand. Die skemer voer sy eie gesprek met die naderende aand; ’n gesprek om jou hart te bearbei vir die kalm stilte waarin die nag jou gees ontvang. ’n Sensitiewe interaksie.

Rusteloos geteister vir meer en groter en beter, lewe ons parallel daarmee, dog onbewus van die salige geseëndheid wat ons omring in natuurskoon—gratis terapie. Die toutjies waaraan die fondasie van ons aardse bestaan vasgemaak is, wapper dapper en broos onder die aanslag en gewig van ons gewerskaf. Dun gestrek soos ons wegskram van sinvolle interaksie met ons hart waarin die ewigheid setel, hunkerend na alles wat glinster met die afskynsel van sukses, ongeag hoe tydelik—adrenalien- junkies, altyd haastig en altyd op pad. En die wat self nie adrenalien junkies is nie, maak seker hulle kinders is.

Om hieroor te kla, help nie. Dit wat in ons lewe opdaag, is nie wat ons graag wil hê nie, maar wie ons is. Wat ons saai, word werklik in ons lewe. Ons woorde is die saad en ons saai dit in ons eie gedagtes. So leer die Bybel ons en Einstein bevestig dit. Hy sê dat niks gebeur totdat iets beweeg nie. Daardie aanvankliilke iets wat beweeg is altyd ’n gedagte, lank voordat dit in woorde en emosie omsit. As dít wat in ons lewe (of in ons gemeenskap se lewe) manifeisteer is waarvant ons nié van hou nie, dan is waarvan ons nié hou nie, dít waaraan ons dink. Die omgekeerde is ewe waar. Einstein gaan verder., Hhy sê dat elke persoon een of ander tyd voor hierdie besluit in sy lewe te staan kom: Lewe ek in ’n vriendelike heelal of in ’n onvriendelike een?. Die antwoord op hierdie vraag bepaal meestale van die tyd jou eie ingesteldheid. Diegene wat hulle leefwêreld as vyandig ervaar, sal dieselfde persone mense wees wat lewe met die verwagting dat dit sleg sal gaan of dat dinge verkeerd sal loop. En verwagting het ’n manier om nie teleur te stel nie.

Gewoonte en konformiteit is enige gemeenskap se grootste vyande. Die gewoonte om negatief te wees, is ’n onbewustelike reflekspersoonlikheidseienskap by baie. Foutvind is ’n deug van die massa. Kreatiewe denkers spandeer meer tyd aan die optimisering optimaliseer van oplossings as aan die analiseer van probleme. ’n Goed gedefinieerde probleem het nie vergadering op vergadering nodig nie. As jy heeltyd hammer op waar dinge is in plaas van waar dit jy wil hê dit moet wees, aktiveer jy waar dit is en vertraag jy waar jy wil hê dit moet weeseersgenoemde ken vertraag jy laasgenoemde. Ons bou op sand as ons toelaat dat die stormwinde van voorblaaie en elektroniese misdaadomsendbriewe ons hart en geloof onder ons uitruk met hulle slegte tydings. Hierdie boodskappers het net geloof vir in slegte dinge om te gebeur. Hulle boodskap boesem vrees in en vrees is nodig om die massa's te beheer, want vrees tas rasionele denke aan. Vrees hou indirek hulle produk in aanvraag. Vrees is die teenoorgestelde van geloof. Net volmaakte liefde dryf vrees uit.

Daar is ’n beter alternatief. Die Bybel praat van boodskappers wie se voete lieflik is as dit op die berg staan. Hulle kom om goeie nuus te bring, die nuus. Nuus dat God regeer. God se eie gedagtes stel vir ons ’n treffende voorbeeld. Die gedagtes wat God oor ons dink het, is goeie gedagtes om vir ons ’n hoopvolle toekoms te gee. God maak die werklikheid wat ons Hom bied ondergeskik aan sy goeie intensie vir ons lewe en ignoreer die feite wat ons lewe en dag omring. Op Wellington het ons nie ’n gebrek aan voorbeelde van geloof wat die hemel aarde toe gebring het om wat dáár waar is, hier op eie bodem waar te maak nie. Die dorp se geestelike patriarg, Andrew Murray, het die geheim van veilige vrede in sy hart en veilige vrede vir sy dorp geken en laat manifisteer gedurende sy leeftyd laat manifesteer. Kom ons raak desperaat om hierdie geheim vir onsself te ontdek. Niks minder gaan dit terug bring in ons midde nie. Die saad van sy gebede het ryp geword in ’n oes vir ons vir ’n tyd soos nou—reg om gepluk te word. Hierdie geloofsheld het so pas sy 185ste verjaarsdag gevier in dieselfde tyd dat Val du Charron sy 18de verjaarsdag vier. Genade wat ophoop in tyd val uit as ouderdom op ons kalenders. Dankie vir 18 jaar se vriendskap. Groete Amanda Kreitzer

Geskryf deur Amanda Kreitzer · Redaktrise, Val du Charron, Wellington

’n Bewaarplek van haar maandelikse voorwoorde en prosastukke.