Van ongeveer 1996 af was Amanda Kreitzer vir ’n kwarteeu lank die redaktrise van Val du Charron, ’n maandelikse nuuskoerant vir Wellington en die Wamakersvallei. Elke uitgawe het oopgegaan met ’n voorwoord onder die titel Heil die Leser. Hierdie bladsy bring haar voorwoorde byeen — ’n kroniek van seisoene, genade, en die vallei aan die voet van Groenberg en die Hawekwas.
Voorwoorde
- Februarie 2019 · Die behaaglikheid waarmee die natuur haarself aan die omhelsing van seisoene oorgee, bereik digterlike hoogtes in die somer.
- Desember 2018 · Ons beween en bekla die broosheid van ons bestaan elke keer wanneer ons voor die spieël of voor ’n oop graf staan.
- Oktober 2018 · Wat is hierdie broos werklikheid wat ons LEWE noem?
- September 2018 · Tyd stort sy aandeel in ons bloedstroom in klein dosisse, sekonde vir sekonde, sodat die onmiddelikke effek daarvan op die groter geheel van ons lewe vir ons verlore is.
- Augustus 2018 · Ons verhouding met tyd is ’n lastige naelstring wat ons lewens vol haas voer want daar is nooit genoeg tyd in enige dag of nag is om alles op ons lysies gedoen te kry nie.
- Julie 2018 · Hoe vind jy antwoorde wanneer stilte opgaar voor ’n hart wat stom is?
- Junie 2018 · ’n Sagte omgee is skaars voelbaar deel van die weersverandering vol erbarming wat uitreik na sintuie en droë aarde.
- Mei 2018 · Die altaar waarop verlangens onvervuld wag vir die Hand wat die vuur aansteek is ook die plek waar die chemie van versugtinge kristaliseer o…
- April 2018 · Dae en seisoene beweeg onverstoord aan—ondeurdringbaar teen die aanslag van moderniteit wat alles in sy pad met spoed, gerief en die alomteenwoordigheid van netwerke probeer verlei.
- Maart 2018 · Hoe herrys jy onder die ashoop van besluite—goed en sleg—wat oor jare hulle eie deeg gevorm het en snytjie vir snytjie die gis en sinergie v…
- Februarie 2018 · Die menselike psige is ’n opgaarplek vir so baie gedurende ’n leeftyd.
- Desember 2017 · 2017 maak eersdaags sy finale buiging. Die oue word vervang met die nuwe.
- Oktober 2017 · Die dae word langer in geurdeurdrenkte warmte wat swaar onder jou neus kom lê.
- September 2017 · Die sagte nuanses van afwagting wat sluimer, soms huiwer, net buite hoorafstand van ons eie gewaarwording, gebruik intuisie wat 'n impul…
- Augustus 2017 · Die sag-soet geborgenheid wat luier binne die onegalige drup-val van Kaapse misreën vestig 'n gerustellendheid wat alles binne die omvan…
- Junie 2017 · Geordende waardes wat nog altyd ’n vaste keerpunt gehad het waarnatoe dit kon terugkeer wanneer daar 'n detour in die verkeerde rigting …
- Mei 2017 · Die onrus in ons gedagtes wat tot tweespalt in ons harte lei, is die plek waar skaarstes gebore word en verrys uit die bar aarde van onvergenoegdheid.
- April 2017 · Die sagteware van elke menslike emosie het 'n kode.
- Maart 2017 · Die presiesheid waarmee ons veronderstel is om beheer te kan uitoefen oor elke gedagte-impuls—wat verantwoordelik is vir die kettingreaksie …
- Februarie 2017 · Die ritmiese herhaling van die lewe se siklus intervalle maal in sirkels om en om deur ons dag totdat diep groewe soos vlak karaktertrekke tyd se spore in ons bestaan deponeer.
- Junie 2013 · Koel suiwerheid gerangskik in skakerings van wit het vasgevang in ’n heeltyd immer veranderende wolkemassa, borrelend gespartel en gespoeg oor die buitelyne van die Hawekwas.
- April 2013 · Die waardige kalmte van ’n wolklose sonsondergang vorm sy eie band van deernis met jou gees—’n woordlose gesprek wat maan teen onrus en haas.
- Maart 2013 · Skoonheid was deur vaste besluit reeds tydens die eerste ses skeppingsdae gekonsolideer in die opeenhoping en uitval van rots en sand rondom…
- Februarie 2013 · Een dag na die ander vou liefliker oop as die vorige.
- Desember 2012 · Die gewigloosheid wat jy ervaar wanneer jy jou in water bevind, is dieselfde gewiglooshied wat jou gees ervaar solank as wat jy jouself in d…
- November 2012 · Daar is byna niks wat nié veredel onder die aanslag van druk en tyd nie.
- Oktober 2012 · Die winter het sy greep verslap sodat voëltjies al vroeër hulle dankbaarheid aanhef in die vorm van ’n tuisgemaakte toonsetting van die Hall…
- September 2012 · Nou die aand is ’n wintersdag huis toe gestuur met een van die mooiste afwerkings denkbaar—goue pienke wat losgewikkel het op die kunstenaar…
- Augustus 2012 · Stilte het ’n stem. ’n Woordeskat en gesprek om te voer.
- Julie 2012 · Vervlietende dae stapel op in weke wat maande word en besig is om afdraand weg te hardloop in ’n jaar wat sy eie resies wil wen.
- Mei 2012 · Die wet van swaartekrag dupliseer homself omvangryk in elke sfeer van die lewe—geestelik en fisies—in die vorm van beperkinge, in natuurlike grense en mensgemaakte grense.
- April 2012 · Die bevangenheid van ons menig mensgemaakte sekuriteit opgesluit in ’n warm bed elke aand, kos uit die winkels, krag in ons mure, water uit …
- Maart 2012 · Binne die klein kringetjie van elke hart is daar ’n kosmos.
- Februarie 2012 · Die beplanning wat net in die silhoeëtte van die berge rondom Wellington gegaan het, moes soveel fyn aanvoeling met kunssinnigheid en wiskun…
- Junie 2011 · As jy die somtotaal van wie en wat jy is op die skaal van die nou en van die ewigheid sit, dan is weefsel en are niksseggend as dit kom by w…
- Mei 2011 · Mense wat te min kou en te vinnig sluk, geniet nie die smaak van hulle kos nie.
- November 2010 · Soms gebeur dit dat jy ’n dialek raak van jouself.
- Julie 2010 · Wanneer die lewe jou aan jou hart gryp en nie aan jou skouers nie, raak jou tong stil en verloor jou oë tydelik uitdrukking omdat die seer binne 'n deksel op jou sintuie sit.
- Junie 2010 · Herfswinde het stowwerige heimwee oopgewaai tot klassieke verlang.
- Mei 2010 · As ons liefde kon bemark, hoe sou ons dit verpak sodat onversigtiges dit nie breek, koue harte dit nooit oopmaak of materialiste dit nie dev…
- Februarie 2010 · Sonder die bekendheid van allerhande dinge in my lewe wat soms deur sentiment oor jare bymekaargemaak is, soms deur die liefde van vandag wa…
- Desember 2009 · Wanneer skemer die dag insluk en verteer tot vaal blou-pers word almal wat slagoffers van die stryd om oorlewing is, één met die eenvoud wat spreek uit stil skemers.
- November 2009 · Die funksie van ons harte strek veel verder as bloed pomp en suurstof bymekaar maak om triljoene selletjies se honger te stil.
- Oktober 2009 · Sekerlik nie die grootste nie, maar wel die belangrikste fout wat ons maak, is om té maklik visums toe te staan vir ander om deur ons tyd, o…
- September 2009 · As die nag so stil raak dat hy saggies in jou are suis, dryf jou diepste geheime geluidloos na die oppervlak om jou eie hart weer aan jousel…
- Augustus 2009 · Liefde wat soet geword het en sy weg gevind het na elke sintuig, lê warm in jou hart, blink in jou oë, en innig in jou stem.
- Julie 2009 · Soms steek verlange op soos onweer. Soms sak dit uit soos stortreën.
- Junie 2009 · Hoe sagter die reën val, hoe dieper dring dit in.
- Mei 2009 · Die blindelingse stormloop van jou gevoelens deur enige vorm van onversigtigheid of onverskilligheid, is mishandeling op 'n vlak waar pyn jou martel sonder om jou dood te maak.
- April 2009 · Liefde wat bly uitgestel word verloor later alle skugterheid soos wat opgehoopte verlange se momentum sy eie maalkolk stook wat onskuld onst…
- Maart 2009 · Wanneer verlange jou binne die gietende uitstort van sy eie wolkbreuk anker, kerm jou hart homself by jou oë uit.
- November 2008 · Elke mens se ware verhaal begin hier. Hier waar jy al hoe verder van mense, al hoe nader aan jouself kom.
- November 2006 · Die laaste oorblyfsels van 2006 is besig om nog net so hier en daar grond te vat op die dagbeplanners van ons gefragmenteerde lewens waar st…
- Oktober 2006 · Die blou gewelf wat sierlik en wyd die oneindigheid by sy verste uithoeke gaan haal en elke heuglike lentedag sy canopy hemelblou oor Wamake…
- September 2006 · Die wind se aanhitsing van die weer wanneer hy vlae reën in sy bakhand vat en dit soos ’n nat klap in jou gesig of teen jou lyf gooi, maak van hom ’n boelie.
- Desember 2005 · Sonskyndae oorlaai met besigwees het die norm geword hierdie laaste stukkie van die jaar.
- Augustus 2005 · Die volmaakte onversteurbaarheid wat jou omring en van jou besit neem wanneer jy alleen en ver weg van mense in die veld of enige stuk onger…
- Junie 2005 · Vallende reën se aanhoudende neerplons met sy eie ritme en wysie van harder, sagter, vinniger en teerder of inniger het ’n bekoring wat met …
- Mei 2005 · 2005 se herfs is besig om geboorte te skenk aan die lieflikste winter wat sy sonnige windstil dae afwissel met onvoorspelbare dae gevul met …
- April 2005 · Die belofte van reën word soos ’n lokaas telkens voorgehou wanneer die wolke in sagte grys lae die vallei kom volmaak.
- Maart 2005 · Soms sittend of partykeer staande op dun, krom beentjies is Wellington se wingerde daagliks onderheuwig aan ’n kastyding wat aanvanklik as ’n lafenis begin.
- Januarie 2005 · Net soos wat die natuur hom gelate aan die seisoene onderwerp, so pas dit die mens dat hy hom onderwerp aan die omstandighede wat oor hom beskik word.