Maart 2017
Heil die Leser
Die presiesheid waarmee ons veronderstel is om beheer te kan uitoefen oor elke gedagte-impuls—wat verantwoordelik is vir die kettingreaksie van emosies en gevoelens wat lostorring as gevolg daarvan—is 'n aspek van ons innerlike dinamika waarvoor ons nooit lesse kry om dit beter te verstaan nie. Gewoond daaraan om terug te val op refleks gedagtes wat skiet voordat dit toegelaat was om te marineer in die insig van die groter geheel, raak ons cowboys van 'n Wilde Weste op ons innerlike landskap. Onbeperkte mag en onbeperkte moontlikhede kombineer om die tong een van die mees onwettigste outlaws op die slagveld van die ego te maak.
As jy nie hou van die plot van 'n storie of die karakters daarin, loop jy nie na die skerm van jou TV of na die rolprentdoek om dit daar te verander nie. Nee, om die storie te verander moet jy die draaiboek by die projektor vervang. Dieselfde is waar van gebeure om ons. As jy nie hou van wat jy ervaar gaan jy nie veel regkry deur van buite af dinge reg te forseer nie. Jy gaan hoogstens magteloos en gefrustreerd bly. Wat om ons gebeur is gewoonlik 'n projeksie van 'n werklikheid wat op 'n dieper dimensie alreeds waar is. En dit is daar waar ons moet soek vir oplossings. Verandering se wegspringblokke moet op die regte plek staan. Andersins sal alle pogings tot verandering tydelik en oneffektief wees.
As 'n gemeenskap sal die kollektiewe ego van ons almal saam sy eie storie skep met hoofkarakters wat gehoorsaam aan die nuances van geestelike inhoud of gebrek daaraan, getrou die helde of skollies van ons storie beeldsend waar die verhaal leesbaar vir almal en 'n daaglikse werklikheid sal wees. Wanneer die blaaie van ons boek losraak of uitval is almal baie vinnig met 'n diagnose. Dis egter die prognose wat dit nooit verder as een van die punte op die agende van 'n komitee of aksiegroep kom voordat dit ons feil nie.
As ons huidige werklikheid onaanvaarbaar, meer nog, as dit onverdraaglik is tot die punt dat ons bereid is om die verandering toe te laat om by onsself te begin, dan is dit vir die eerste keer moontlik om die skip om te keer, weg van die ysberg af. Dan is dit tyd dat ons geestelike opsies oorweeg. Dan kyk jy jou ysberg in die oë, maar jy ontken dat dit jou of jou gemeenskap se uiteinde sal wees. Dan weet jy dat daar is 'n opstanding, ’n triomf van Lig oor die duisternis is wat die dinamika van jou probleem kan verander. Dan maak jy seker dat jy gesentreer is in die kern van jou verhouding met God—daar waar nuwe konteks en uitbundige vreugde nie net moontlik is nie, maar 'n gegewe. Waar eindelose moontlikhede waar kan word omdat liefde, geloof en hoop vars en gesuiwer deurbreek om wonderwerke deel van ons daaglikse ervaring te maak. Groete Amanda Kreitzer